Print this page

Israel: Iran werf spioene via sosiale media

Op 24 Julie het Shin Bet (die Israeliese veiligheidsagentskap) berig dat Iran probeer het om 'n wye netwerk van agente in Israel te werf via sosiale netwerkwebwerwe. 'n Gesamentlike Shin Bet / polisie / IDF verklaring het gesê dat hul teen-terrorisme-operasie ''n werwingsnetwerk dwarsoor Israel en die Wesoewer tot voordeel van Iranse intelligensie gefnuik het. Die rekrute is gevra om inligting oor militêre basisse, sensitiewe veiligheidsinstallasies, personeel, polisiekantore, hospitale en meer beoogde teikens vir terroriste-aanvalle deur Iran in te samel. Terwyl die netwerk deur Iran gerig is, het dit vanuit Sirië bedryf en is gelei deur 'n individu bekend as Abu-Jihad, wat mense gekontak het deur fiktiewe Facebook-profiele te skep en dan met hulle te praat deur middel van boodskaptoepassings. Die afgelope maande is verskeie ander soortgelyke operasies deur Hezbollah en Hamas deur Israeliese veiligheidsagentskappe gefnuik.