Mali: hele Christelike dorpie uitgemoor

Tussen 100 - 135 mense is deur swaargewapende Islamitiese ekstremiste in 'n hoofsaaklik Christelike dorpie in die Mopti-streek in sentraal Mali vermoor. Barnabas Fonds het dit beskryf as die 'ergste Mali-slagting sedert 1946'. Die jihadiste het snags die afgesonderde dorpie van etniese Dogon-mense omsingel en 'alles' aan die brand gesteek in 'n 'goedgerigte aanval'. Al die slagoffers is doodgeskiet of doodgebrand; sommige is onherkenbaar verkool, wat dit moeilik maak om hulle te identifiseer. Hulle het almal aan die brand gesteek wat gehardloop het en almal wat nie durf uitgaan nie. Slegs 'n paar mans het die geweervuur vrygespring. 'n Oorlewende het gesê: `Ongeveer 50 swaar gewapende mans het op motorfietse en bakkies opgedaag, die dorpie omsingel en toe enigiemand doodgemaak wat probeer ontsnap het. Niemand is gespaar nie – vroue, kinders en bejaardes.' Sedert 2018 is baie Christene vermoor, ontvoer of gedwing om te vlug, met kerke wat geplunder is in 'n poging om sharia-wetgewing in te stel.