Baie waarnemers sê dat die nuwe vlaag betogings regoor Soedan deurslaggewend kan wees. Op 30 Junie is ten minste sewe dood en 200 beseer in botsings toe duisende die strate ingevaar het en geëis het dat die regerende militêre raad die mag aan 'n burgerlike regering oorgee. Vir Christene het die rewolusie aanvanklik hoop op godsdiensvryheid gebring, maar nou is daar 'n skerp gevoel van teleurstelling. 'n Plaaslike Christen het gesê: 'As daar meer van 'n demokrasie is, sal daar hopelik, biddend, meer vryheid wees om te kan evangeliseer en die boodskap van Jesus se liefde te deel. Wat kan ons doen? Ons moet bid vir die situasie in Soedan.' Bid vir definitiewe vrede en stabiliteit tussen die mense en militêre bevelvoerders wat aanhou meeding om mag. Vra God vir regeringsleiers om met integriteit en geregtigheid te regeer. Bid dat die kerk geestelik sterk sal word ten spyte van intense lyding en vervolging.