Aanklaers het 'n vonnis van ses maande tronkstraf en 'n reuseboete vir 'n 35-jarige pa in die kusdorp Mostaganem geëis omdat hy 'n Christen-egpaar genooi het om saam met hom in sy huis te kom bid. Die regter het eerder 'n twee maande opgeskorte tronkstraf en 'n klein boete toegeken aan die nuwe Christen, wat anonimiteit versoek het omdat hy vir sy lewe in die amptelike Moslem-land vrees. Hy is daarvan beskuldig dat hy Christelike aanbidding georganiseer het; en die wet verbied nie-Moslem aanbidding vir ongeregistreerde kerke. Bronne het gesê dat 'n buurman hom aan die kaak gestel het; hy is bang en geskok deur hierdie beskuldiging. Algerië is 22ste op die Wêreldwaarnemingslys van die lande waar dit die moeilikste is om 'n Christen te wees, teenoor die 42ste verlede jaar.