Niger: Boko Haram-geweld teen Christene

Boko Haram het Christene gewaarsku: 'Julle het drie dae om te gaan of julle sal doodgemaak word!' So plattelandse gesinne het na Diffa-stad gevlug. Islamitiese milisies het dosyne doodgemaak en duisende verplaas in die Diffa-streek van Niger, volgens VN-amptenare. Daar is na raming 200 000 ontheemdes in Niger: diegene wat intern ontheem is, en ook baie wat vlug van die Boko Haram-opstand in Nigerië. Niger se kerkpredikante wat naby konfliksones werk, skuil nou by ander Christene in die relatiewe veiligheid van Niamey, die hoofstad. Dit beteken dat geen predikant nou in die perseel van die kerk in hierdie gevaarlike gebiede woon nie. 'n Waarnemer het gesê: 'Ek weet nie hoe die dienste elke Sondag plaasvind nie, maar die kerke is nie gesluit nie'. Vroeër hierdie maand het die goewerneur van die Diffa-streek beveel dat kerke moet sluit weens die bedreiging van terreuraanvalle.