Nigerië: Christelike vervolging groei

Mev Adeleye en haar stiefseun, Destiny Paul, het op 9 Junie van die kerk af huis toe gery toe Fulani-veewagters die pad met koeie versper het. Sy het probeer om hul motor te draai en te ontsnap, maar hulle het aangeval, haar motor beskadig en albei die seun ontvoer. Hulle het later N10 miljoen losprys van haar man geëis . Die polisie het gesê hulle het tot aksie oorgegaan en sal die slagoffers binnekort ongedeerd vry kry. Aanvalle op Christene in Nigerië neem toe in felheid en frekwensie volgens Vader John Bakeni, 'n priester wat met oorlewendes van ekstremistiese geweld werk. Hy het gesê: 'Die voortslepende konflik met Boko Haram en aanvalle deur hoofsaaklik Islamitiese Fulani-herders het groot onsekerheid en vrees by ons Nigeriërs ingeboesem. Ons beskou elke dag wat ons in veiligheid leef as 'n seën, want ons weet nie wat die volgende dag gaan gebeur nie.' Hy het bygevoeg, 'Dit is baie moeilik om 'n Christen in hierdie deel van die wêreld te wees, maar ons geloof moedig ons aan om dapper van die Evangelie te getuig.' Sien