VSA: Werker vermoor 12 kollegas

’n Massaskietery is wanneer twee of meer mense in een voorval op een plek op min of meer dieselfde tyd geskiet word. Sedert 1 Januarie 2019 berig Wikipedia 150 massaskietvoorvalle wat 161 sterftes en 585+ mense gewond in die VSA veroorsaak het. Die mees onlangse het 12 mense dood en verskeie beseer by 'n regeringsgebou in Virginia Beach Munisipale Sentrum. Dié tragedie het gebeur net voor die Nasionale Wapengeweldbewustheidsdag op 2 Junie. Baie wil 'n einde sien aan die maklike toegang tot gewere wat gereeld skole en stede regoor Amerika om al die verkeerde redes prominenter maak. Bid in Amerika se wapenwet situasie.