Australië: Godsdiensvryheid

Die Australiese Christelike Lobby verhoog die profiel van die behoefte om godsdiensvryheid te beskerm. Hulle verklaar dat die bedreiging vir godsdiensvryheid in Australië reeds 'n geruime tyd nie bloot 'n bedreiging is nie, maar 'n werklikheid en Australiërs woon nou in 'n land waar godsdiensvryheid nie gewaarborg word nie. Ontelbare hofsake en nuwe wette het reeds Christene verhinder om hul geloof uit te leef en te deel – en die koste is groot. Verlies aan godsdiensvryheid baan die weg vir verlies van ander vryhede, en beperk ook Australiese Christene om hul geloof met ander te deel. Bid dat die stem van die Christelike Lobby gehoor sal word deur die Goewerneur-generaal, en in die Senaat en die Huis van Verteenwoordigers, en dat diegene in die samelewing wat verkeerd doen en dink, verander sal word.