Meer Moslems het die afgelope vyftien jaar na Jesus gewend as in die vorige 1 400. God het almal lief en wil hê dat almal die boodskap 'Ek is die Weg, die Waarheid en die Lewe moet hoor en verstaan. Niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.' (Johannes 14:6) Alhoewel meer Moslems hulle die afgelope paar jaar tot Jesus gewend het, leef nog 1,8 miljard nog sonder 'n reddende verhouding met hom. Midde-Ooste nuus oorheers ons nuus, terwyl Moslems agter die skerms vas en bid dwarsdeur Ramadan. Gaan asseblief voort om hierdie maand vir hulle in te tree terwyl hulle vas en God soek. Bid vir bonatuurlike drome en visioene wat deure na verlossing oopmaak. Baie gebedsdagboeke is gemaak om voorbidding te help. Iran 30 help byvoorbeeld Christene om 'n rol te speel om Christus aan Iraniërs te verkondig met dertig kort, maklik leesbare gedeeltes wat die aktiwiteit verduidelik waar God Sy Kerk agter die skerms bou. Sien