Drie Christene het in ongeloof gestaan toe die polisie hulle in boeie klap. Hulle het tronk toe gegaan, bloot omdat hulle vir 'n siek vrou gebid het. Surjan, Kolah en Krishna het nie die evangelie openlik in die strate gedeel nie, wat vervolging sou veroorsaak. Hulle het bloot vir die siek vrou van 'n vriend gebid. Maar die vrou het gesterf, en die dorpenaars het die drie Christene blameer wat vir haar gebid het. Die 27-jarige Krishna was net 'n maand lank 'n Christen. Wat sou die tronk aan sy jong geloof doen? In die tronk het wagte die drie mans 'Halleluja-mense' genoem omdat hulle elke oggend bymekaargekom het vir gebed en om mekaar te bemoedig. Soos maande verbygegaan het, het hulle die evangelie met medegevangenes gedeel. Dertien het Christene geword. Ná elf maande kon 'n prokureur hulle op borgtog vrylaat. Maar hulle staar steeds 'n verhoor in die gesig. Hulle kan nog 'n tronkstraf opgelê word vir die misdaad van 'moord' deur gebed.