Bolivia is 'n land van asemrowende landskappe, ryk tradisies, die tuiste van baie inheemse bevolkingsgroepe, en die grootste soutvlaktes in die wêreld. Maar te midde van sy skoonheid en diversiteit bedreig ’n aaklige plaag die veiligheid van baie kinders: seksuele geweld. Om geregtigheid in die hof te kry, neem jare; die proses is kompleks, omslagtig en word gereeld ontspoor. Seksuele roofdiere tree straffeloos op. Jong oorlewendes wat in armoede leef, het min hoop om geregtigheid te vind. Howe het agterstand en het dikwels nie doeltreffende saakbestuursprosesse nie. Die paar sake wat deur die stelsel beweeg, kan jare neem voordat dit tot vonnis kom. International Justice Mission (IJM) veg om hierdie stelsel te verander en kinders teen seksuele geweld te beskerm. Verlede week het nuus gekom van IJM wat skoolkinders verteenwoordig en agt skuldigbevindings verkry het. Twee van die oortreders was onderwysers in landelike gemeenskappe, so die gesinne het sterk weerstand van die gemeenskap ondervind.