Suid-Afrika: Christene marsjeer vir ware vryheid

Aanbiddingsliedere en opregte gebede het op Vryheidsdag, Saterdag 4 Mei, die strate van woonbuurte regoor Suid-Afrika gevul terwyl gelowiges hul vryheid in Christus gevier het en vir verandering in die land gebid het. Meer as 80 Jesus-optogte het in klein dorpies en in groot stede plaasgevind. Baie deelnemers was met swartsakke gewapen om die strate skoon te maak terwyl hulle gebid het. Om 10:00 begin van die optogte 'n gebed vir die nasie wat deur selfone na al die optoglokale gestroom is. Die sentrale tema was Johannes 8:36 - 'Wie die Seun vrygemaak het, is waarlik vry'. Baie het na die geleentheid verwys as die viering van 'Ware Vryheidsdag', aangesien net Christus ons werklik kan vrymaak en geen regering of wêreldse stelsel al die antwoorde op die samelewing se probleme kan verskaf nie. Christene is aangemoedig om wit te dra op verkiesingsdag – Woensdag 8 Mei. Sien ook die volgende artikel, oor die verkiesings.