Print this page

Midde-Ooste: Heilige Week

Christene regoor die Midde-Ooste ervaar of berei hulle nou voor vir die Heilige Week (daardie kerke wat die Oosterse Christelike kalender volg, is 'n week agter die Weste). Strate en pleine loop oor van gelowiges wat Palmsondag in Erbil, Irakse Koerdistan, en Irakse Christendorpe in die Nineve-vlakte vier, saam met gelowiges in Libanon en die Heilige Land. So demonstreer hulle die diepe geloof van die streek se Christene terwyl hulle 'n Verlosser aanbid wat krag getoon het deur liefde, diens en opoffering.