Print this page

Nigerië: vyf jaar sedert Chibok-meisies geneem

Vyf jaar gelede is 230 meisies in Chibok deur Boko Haram ontvoer. Ouers wie se dogters nog nie teruggekeer het nie, sê dit voel steeds soos 'n 'vars wond' maar weier om moed op te gee. Boko Haram het klaskamers aan die brand gesteek en vir die meisies gesê hulle word aangeval terwyl hulle gemaak het of hulle hulle beskerm. Hulle het hulle in trokke ingejaag, die woud ingery en hulle aan verkragting, swangerskap, geweld en die dood onderwerp. Diegene wat nie militante gehoorsaam of geweier het om hul Christelike geloof te verloën nie, is swaar gestraf; daar is voorstelle dat sommige van hulle gedwing is om Boko Haram-vegters te word en moorde vir die groep te pleeg. 165 van die meisies het aan die Nigerian Church of the Brethren behoort. Bid vir ouers soos Yana wie se dogter nie teruggekeer het nie. 'Enige keer as ek oor Rifkatu praat, voel ek soveel pyn in my hart', het sy gesê. "Toe sy ontvoer is, het die lag in my huis opgehou."