Print this page

Soedan: nege vroue gevonnis tot twintig houe

President Bashir het alle vroue vrygelaat wat aangehou is vir betogings teen die regering op Internasionale Vrouedag. Die volgende dag is nege Soedanese vrouebetogers gearresteer en tot twintig houe plus 'n maand tronkstraf gevonnis. In Februarie het Bashir 'n noodtoestand en ander maatreëls afgekondig, insluitend noodhowe regoor die land. Die vroue is gearresteer vir deelname aan 'n 'verbode betoging' in die hoofstad se oostelike distrik Burri, 'n terrein van gereelde betogings, en verhoor in een van die 'noodhowe'. Hulle is nou in 'n vroue-gevangenis in Omdurman. Appèl teen die uitspraak is op 10 Maart ingedien. Betogings teen Bashir het sedert 19 Desember byna daagliks regoor Soedan plaasgevind. Bid vir regeringsleiers om met integriteit en geregtigheid te regeer, en vir vrede en stabiliteit tussen stamgroepe en militêre bevelvoerders wat aanhou meeding om mag.