Print this page

Nigerië: verkiesing uitgestel, pastoor vermoor

President Buhari het gesê dat die onafhanklike Nasionale Verkiesingskommissie vrae het om te beantwoord oor die uitstel van die algemene verkiesing tot 23 Februarie. Hy het diegene wat beplan om stembusse te ruk gewaarsku dat hulle met hul lewe sal betaal. Geopende Deure het gesê: 'Vir Nigeriese Christene vestig verkiesings die aandag op 'n langtermyn-krisis en kan aanvalle op hulle verskerp. Christene is bang omdat hulle so dikwels geteiken is.' Die mees onlangse was toe pastoor Jatau se motor in ’n lokval gelei is en hy en sy gesin weggesleep is. Sy lyk is twee dae later gevind, maar sy vrou, drie kinders en twee skoonsusters word vermis. Ontvoerders eis 'n losprys vir die gesin. Hulle was op reis om 'n nuwe bediening op te neem toe hulle aangeval is. Sien