Die 41 miljoen mense van hierdie Moslem-meerderheid land is afhanklik van fossielbrandstowwe vir hul uitvoerinkomste. Onlangs is finansies geknou deur die daling in oliepryse, wat besnoeiings in staatsubsidies veroorsaak het. Algerië sukkel om werk en huise aan sy mense te verskaf. Demokrasie en menseregte bestaan op papier, minder so in werklikheid. Te midde hiervan kom mense na Christus toe. Die meeste nuwe gelowiges is van nie-Arabiese agtergronde, maar geloof groei ook onder Arabiere en ander mensegroepe. Nuwe gemeenskappe begin as gelowiges na Arabiese gebiede beweeg om die evangelie te deel. Vervolging is 'n feit van die lewe. Een Christenvrou het geskryf: 'Vroue wat hulle tot Christus bekeer, kom voor uitdagings te staan wat hulle soms duur te staan kom - verwerp deur hul gesinne, verwerp deur hul mans, ontneem van hul kinders.'