Australië: wilde week van vloede en brande

Townsville, met 180 000 mense, het te kampe gehad met tropiese siklone, koningsgetye en deurdringende somerreën. Meer as 'n meter reën het in sewe dae geval, wat baie inwoners sonder krag gelaat het; ander is deur oorstroomde paaie afgesny. Die Rossrivierdam het buite kapasiteit oorstroom, wat die oopmaak van hekke en die vrystelling van 1 900 kubieke meter water per sekonde genoodsaak het. 20 000 huise is oorstroom. ’n Flotielje bote het honderde gered, met polisie, nooddienste en soldate tot die uiterste gestrek. Owerhede het inwoners nou gewaarsku om nie in oorstroomde voorstede, waar krokodille en slange opgemerk is, te swem nie. Nog moesonreën word vir volgende week voorspel. Intussen is dele van suidelike Australië in die greep van 'n erge droogte, en rekordtemperature van 49.5C het bosbrande en hospitaalopnames veroorsaak. Sien