Syfers vir die vervolging van Christene het 'n 'skokkende toename' getoon, met 13,9% volgens Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys 2019. Asië het 'n skerp styging. China het met 16 plekke tot nommer 27 gestyg, met nuwe wette om alle uitdrukkings van godsdiens te beheer. Sommige kerkleiers sê dit is die ergste sedert die Kulturele Revolusie in 1976 geëindig het. Indië, die wêreld se grootste demokrasie, is nou nommer 10 op die lys. Hindoe-ekstremiste tree straffeloos op en val Christene en kerke en nie-Hindoe-godsdienstige minderhede gewelddadig aan. Toenemende nasionalisme lei tot vervolging in Bhoetan, Mianmar en Nepal, waar nasionale identiteit aan godsdiens gekoppel is en diegene uit minderheidsgelowe as uitgeworpenes beskou word. Vervolging in Noord-Korea was die afgelope 18 jaar erger as enige ander land. In die noorde en middel van Nigerië is 3 700 Christene vir hul geloof vermoor – amper twee keer soveel as die vorige jaar.