Print this page

Venezuela se Christene dring aan op gebed namate die krisis vererger

Op 24 Januarie het Venezuela se opposisieleier Juan Guaidó homself ingesweer as die regmatige staatshoof, met die steun van die VSA en ander nasies in die streek, terwyl hy probeer om president Maduro te verwyder. Hy staan nou voor die uitdagende taak om 'n oorgangplan daar te stel sonder beheer oor belangrike staatsinstellings en gewapende magte wat hom tot dusver verloën het. Venezuela se kerke het 'n beroep op gebed gedoen, aangesien druk op Maduro toeneem om uit te tree. Massabetogings teen die ekonomiese wanbestuur wat wydverspreide armoede veroorsaak het, vind plaas. Pastoor Samuel Olson, president van die Evangeliese Raad van Venezuela (ECV), het die nasie genooi om 'saam as 'n gesin te bid en God te vra dat Hy deur sy Heilige Gees vir ons nasie sal sorg, rig en seën in hierdie kritieke uur van sy geskiedenis'. ECV steun Juan Guaidó as die man wat 'geroep is om die nasie in hierdie oorgangstydperk te voer'. Sien ook