Kenia: Christelike liefdadigheid vra vir kalmte ná terreuraanval

Katolieke liefdadigheidsorganisasie CAFOD vra gemeenskappe om nie verdeel te word nie nadat Al-Sjabaab die DusitD2-hotelkompleks in Nairobi op 15 Januarie aangeval het. CAFOD se Catherine Ogolla het die aanvalle as 'afskuwelik en kommerwekkend' beskryf. Sy het verduidelik: 'Wat terroriste van enige aard wil doen, is om gemeenskappe te verdeel en geweld te saai. Daarom moet alle mense saamstaan vir vrede en eenheid in hierdie tyd van benoudheid, en die boodskap uitstuur dat enige vorm van gewelddadige terreur nie sal slaag nie; sal nie die Keniaanse nasie verdeel nie'. President Kenyatta het gesê 700+ mense is tydens die veiligheidsoperasie ontruim, alle terroriste is uitgeskakel en die land is veilig. Hy het Keniane aangemoedig om 'sonder vrees terug te gaan werk toe'. Sestien Keniane, 'n Brit en 'n Amerikaner ('n oorlewende van 9/11) is onder die 21 dooies, en 28 is in die hospitaal. Sien ook