Uganda: ma en pastoor vrees vir hul lewens

Uganda se grondwet maak voorsiening vir godsdiensvryheid, insluitend bekering van een geloof na 'n ander. Moslems maak 12% van Uganda se bevolking uit. Onlangs het Moslems in Oos-Uganda 'n Christen-ma met beserings hospitaal toe gestuur omdat hulle in Jesus se naam gebid het, en 'n kerkgebou daar naby afgebreek. Beide die vrou en die kerk se pastoor vrees dat hulle lewens in gevaar is. Deborah Gimbo is aangeval terwyl sy alleen in haar huis gebid het. Sy bid ook drie aande per week in haar huis saam met twee Christenvroue. Die aanvallers het gesê: 'Vandag waarsku ons jou dat jy raserige gebede en die gebruik van Issa [Jesus] in jou gebede moet vermy.' 'n Plaaslike imam het aan die aanvallers gesê: 'Mense wat in Jesus se naam bid, moet beveg word en onder druk geplaas word totdat hulle net Allah aanbid, of doodgemaak word'. Pastoor Simon Mustafa Waseke, 'n voormalige Moslem, se kerk is deur dorpenaars vernietig. Die aanvallers het gedreig om hom dood te maak as hy in die omgewing bly.