Vryheid van godsdiens buite die EU

In 2016 het die EU-parlement gevra vir 'n permanente spesiale gesant vir vryheid van godsdiens en geloof (FoRB), ná die volksmoord op Christene, Yazidi's en godsdienstige minderhede deur IS. Een is aangestel maar sy mandaat was tydelik; hy is ontneem van finansiële en menslike hulpbronne, en nie ten volle geïntegreer in die EU se buitelandse strategie en beleid nie. Gevolglik het die situasie vir minderhede versleg. 200 miljoen Christene het in 2018 wrede vorme van vervolging gely. 350 miljoen Christene het diskriminasie ervaar. 'n Voorstel hieroor is op 15 Januarie aan die Europese parlement gestel; dit is aangeneem, maar verdere besonderhede is nog nie bekend nie. Daar word gehoop dat 'n mandaat ten volle geïntegreer sal word in die EU se buitelandse beleid, met voldoende finansiële en menslike hulpbronne om werklike beskerming van ForRB te gee.