In Desember is ongeveer honderd Chinese Christene van 'n kerk in Chengdu, insluitend die pastoor en sy vrou, opgesluit weens bewerings van 'aanhitsing van ondermyning van staatsmag' ( sien ). In 'n openbare brief maak pastoor Wang dit duidelik dat hy nie poog om die staat omver te werp nie, maar om vrylik te aanbid. Hy skryf: 'Skei my van my vrou en kinders, verwoes my reputasie, vernietig my lewe en my gesin - die owerhede is in staat om al hierdie dinge te doen. Niemand in hierdie wêreld kan my egter dwing om my geloof te verloën nie.' Barnabas Fonds doen 'n beroep op Christene om vir die gevangene pastoor te bid deur hul nuwe webblad 'Christelike Gewetensgevangenes'.