China: ongerapporteerde vervolging

'n Onlangse byeenkoms van Chinese gelowiges by IHOP, Kansas City, het aangrypende verhale van vervolging vertel. 'n Voorbidder skryf: 'Een spesifieke Chinese broer het ons grootliks beïnvloed met sy storie. Hy was vir baie jare in die tronk, verskeie kere weens sy geloof, en was gedwing om te kyk hoe sy vrou voor sy oë gemartel word. Hy het geweier om sy geloof [vertroue] in Jesus Christus te verwerp te midde van hierdie ondenkbare omstandighede. Ons perspektief op God se goedheid kan grootliks deur hierdie tipe stories uitgedaag word. Die waarheid is dat Jesus alreeds vir ons gesê het dat as ons vir Hom sou lewe, ons vervolg sou word, soos Hy. Hy het vir ons gesê: “Wees bly en baie bly, want julle loon is groot in die hemel!” (Matteus 5:10-12)' Die geleentheid se tema, 'Herstel ons fokus terug op die eerste en tweede gebooie van Jesus', het 'n sterk gevoel van Filippense 1:8 gehad: 'God kan getuig hoe ek na julle almal verlang met die geneentheid van Christus Jesus.'