Jemen: vredesonderhandelinge begin

Op 6 Desember het afvaardigings van beide die Jemenitiese regering en die Houthi-rebelle vredesonderhandelinge naby Stockholm begin. Abdullah al-Alimi, 'n verteenwoordiger van die Jemenitiese regering, het getwiet dat die konferensie ''n ware geleentheid vir vrede' is. Mohamed Abdelsalam, wat aan die hoof staan van die Houthi-afvaardiging, het belowe om 'geen moeite te ontsien om 'n sukses van die samesprekings te maak nie'. Bid dat God die skeptisisme van waarnemers sal onderdruk. Bid dat die Jemenitiese regering sal weerstaan om 'n algehele aanval te loods op die belangrikste hawestad Hudaydah, wat tans deur die rebelle beheer word. Die samesprekings het bemoedigend begin, met 'n ooreenkoms om 5 000 gevangenes uit te ruil: sien