Nepal: kerk gedwing om te sluit

Na twee maande van teistering deur hoë-kaste Hindoes, is 'n kerk in Nepal gedwing om te sluit. Brahmane het elke week aanbidding van die Pakhluwa Eternal Life Church ontwrig en pastoor Tufani Bhar daarvan beskuldig dat hy dorpenaars bekeer het. Kerklede het hulle gewend om in huise te vergader, maar die Brahmane het dreigemente gerig aan enigiemand wat selfs daar vergader het. Pastoor Bhar het gesê dat hy alles moontlik probeer het om die gemeenskap te bewaar, maar kon nie die opposisie weerstaan nie. Aanvanklik het die Brahmane beswaar gemaak teen die gebruik van kitaar en tromme in die kerkdiens, en daarom het hulle in stilte aanbid. Die volgende beswaar was teen die maandelikse Nagmaal, en die opposisie het geleidelik gestyg totdat hulle toestemming geweier is om enigsins te vergader. Kerkbywoning het van 30 tot 16 mense gedaal, voordat dit verlede naweek weens vrees ontbind is.