Guatemala: duisende vlug terwyl vulkaan uitbars

Byna 4 000 mense is van die hange van die Fuego-vulkaan ontruim nadat dit op 18 November begin uitbars het, met as en lawa wat uit sy krater gespoeg het. Dit kom vyf maande nadat byna 200 mense tydens 'n gewelddadige uitbarsting deur vulkaniese as en modder begrawe is. Daardie uitbarsting het piroklastiese vloei veroorsaak - vinnig bewegende mengsels van baie warm gas en vulkaniese materiaal - wat hele gemeenskappe verswelg het. Vulkanoloë sê dié keer styg lawa 500m bokant die vulkaan se krater uit. Die aswolk troon een kilometer bo die 3 763 meter hoë vulkaan uit. Fuego is een van Latyns-Amerika se aktiefste vulkane.