’n Terreuraanval op drie busse wat Egiptiese Christene vervoer het, het op 2 November minstens sewe dood en 19 beseer gelaat. Die busse was op pad na 'n bekende Christelike historiese terrein naby Minya. Ses van die sewe wat gesterf het, het uit dieselfde uitgebreide familie gekom. 'n Aantal nuusblaaie het berig dat 'plaaslike IS-affiliasies' verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar het. In 'n soortgelyke aanval op dieselfde plek deur IS in Mei 2017, is 29 Christene vermoor.