Soedanese veiligheidsagente het op 'n huis in die stad Nyala toegeslaan en 13 mense gearresteer toe hulle erken het dat hulle Christene is. Twee gelowiges is vrygelaat, maar tien bekeerlinge van Islam en hul pastoor, Tajdeen Yousif, is aangehou. Die pastoor het geweier om Christus te verloën ten spyte daarvan dat hulle deur die agente geslaan is, en die tien is later vrygelaat nadat hulle glo gemartel is om hul geloof te herroep. Pastoor Tajdeen, ook 'n bekeerling van Islam, is nog 'n paar dae aangehou voordat hy vrygelaat is. Al elf het nou vir hul veiligheid gaan wegkruip. Kragtens sharia-wetgewing staar Moslems wat hul godsdiens versaak swaar straf in die gesig. Soedan se grondwet gee regterlike diskresie aan howe in die toepassing van sharia.