Print this page

Aasia Bibi uit die tronk, maar nog nie veilig nie?

Pakistanse Christen-moeder Aasia Bibi is uiteindelik uit die tronk bevry nadat sy meer as agt jaar in die dodetal deurgebring het omdat sy na bewering 'godslastering' teen Islam gepleeg het, maar sy is nog nie vry nie. Regeringsamptenare het op 8 November bevestig dat sy onder streng sekuriteit na Islamabad gevlieg is weens radikale Moslem-doodsdreigemente teen haar en haar familie ná die nuus van haar vryspraak. Terwyl sommige verslae lui dat sy die land verlaat het, het 'n woordvoerder van die ministerie van buitelandse sake gesê dit is nie waar nie. Dit is onduidelik wat met haar kan gebeur, aangesien Imran Khan se regering oënskynlik plek gemaak het vir die groot betogings wat deur haar vryspraak op 31 Oktober veroorsaak is, en 'n ooreenkoms aangegaan het met die party wat verantwoordelik is vir die organisasie daarvan. Ingevolge dié ooreenkoms sou Aasia weer deur 'n nuwe hooggeregshof verhoor word, nie die oorspronklike drie regters ingesluit nie.