VSA: nog 'n skiettragedie

Twaalf mense, insluitend 'n polisiebeampte, is op 7 November by 'n kroeg in Thousand Oaks, Kalifornië, vermoor. Toe die skietery om 23:20 plaaslike tyd begin het, het minstens 200 mense 'n boeremusiekaand by die Borderline Bar and Grill geniet. David Long, 'n oud-Marine wat aan PTSD ly, het die kroeg binnegegaan en losgebrand. Hy het moontlik ook rookgranate gebruik. Mense het glo ontsnap deur stoele te gebruik om vensters te breek, terwyl ander binne die toilette geskuil het. Die plaaslike balju het die toneel binne die kroeg as 'afskuwelik' beskryf en gesê daar was 'oral bloed'. Long het die bloedbad beëindig deur sy geweer op homself te draai. Sy motief vir die aanval is tans onbekend.

  • Pray: for the many organisations, such as the Children’s Defence Fund, which continue to campaign for gun control even though President Trump refuses to countenance it. (Psalm 11:5)