Print this page

Indië: kernduikboot se eerste reis

Eerste minister Narendra Modi sê die eerste suksesvolle reis deur Indië se tuisgeboude kernduikboot is 'n 'waarskuwing vir die land se vyande'. Die INS Arihant het onlangs 'n maandlange 'afskrikkingspatrollie' voltooi, wat beteken Indië het nou die vermoë om kernwapens van land, lug en see af te vuur. Mnr Modi, 'n Hindoe-nasionalis, het getwiet dit was 'n 'gepaste reaksie op diegene wat hulle aan kernafpersing oorgeef'. In 'n toespraak wat landwyd uitgesaai is, het hy aan die duikboot se bemanning gesê: 'Te midde van 'n toename in die aantal kernwapens in ons omgewing, is 'n geloofwaardige kernafskrikking uiters belangrik vir ons land se veiligheid'. Sy woorde is 'n dun bedekte verwysing na Indië se bure, China in die noorde en sy tradisionele vyand, Pakistan, in die weste. Die dikwels wisselvallige verhouding met Pakistan het selfs meer merkbaar afgekoel sedert mnr Modi in 2017 die amp aanvaar het en 'n meer selfgeldende strategie teenoor sy aartsvyand aanvaar het.