Print this page

Sri Lanka: geweld teen Christene eskaleer

Aanvalle teen Christene in Sri Lanka het vanjaar eskaleer, met Hindoe-ekstremisme wat begin wortel skiet tesame met jarelange Boeddhistiese aggressie, volgens regte-voorstanders. 'n Prokureur wat anonimiteit versoek het, het gesê: 'Ons sien hoe gemeenskappe op 'n toenemende wyse teen Christene gemobiliseer word. Ons sien die Hindoe-ekstremiste wat hele gemeenskappe beïnvloed; dan lei die gemeenskappe gewelddadige gepeupel-aanvalle teen Christelike plekke van aanbidding en Christene.' Onder onlangse sake het 'n groot skare in die Suidelike Provinsie bymekaargekom om teen 'n kerk in hul gemeenskap te betoog. Dit het 'n gewelddadige aanval geword, en toe diskriminasie teen die Christene en teistering van die vroue. Toe 'n Boeddhistiese monnik by hulle aangesluit het, het dit sake verder vererger en die skare het onbeheersd geraak en nie toegelaat dat die pastoor of enigiemand anders weggaan nie. Hulle het 'n Christen aangerand wat probeer het om te vertrek. Later het 500 mense, insluitend Boeddhistiese monnike, 'n protes teen die pastoor en kerkaanbidding gehou.