Vir meer as 'n week het 4 000 migrante uit Sentraal-Amerika noordwaarts na die VSA gestap, op die vlug van armoede en geweld in Honduras. Baie is kinders, sommige met gesinne, sommige alleen. El Salvador, Guatemala en Honduras het endemiese vlakke van misdaad en geweld. Meer as 'n derde van alle Latyns-Amerikaners het in 2016 berig dat hulle slagoffers van geweldsmisdaad is. Die streek is die tuiste van net 8% van die wêreld se bevolking, maar 33% van sy moorde. World Vision (WV) het ’n verklaring uitgereik waarin geëis word dat daar na die behoeftes van die immigrante in die karavaan, veral die gesondheid en veiligheid van kinders, omgesien word. Dit wil hê dat maatreëls getref word om te sorg vir kinders wat aan die beweeg is. WV verstaan die geweld en gevoel van hopeloosheid wat gesinne dryf om hul huise te verlaat. As Christene word ons geroep om die mees kwesbares onder ons lief te hê en te dien, om die vreemdeling te verwelkom en gasvryheid te betoon aan diegene in nood.