Print this page

Nigerië: hulpwerkers vermoor, gyselaars aangehou

Hauwa Liman, 'n vroedvrou by die Internasionale Komitee van die Rooi Kruis (ICRC), is doodgemaak dae nadat haar ontvoerders 'n sperdatum gestel het. Me Liman is verlede Maart saam met twee ander in die noordelike dorpie Rann geneem. Mede-vroedvrou Saifura Ahmed Khorsa is verlede maand vermoor. Me Loksha bly 'n gyselaar. ’n 15-jarige skoolmeisie word ook steeds deur dieselfde groep, wat aan ’n faksie van Boko Haram verbonde is, aangehou. Die meeste van die ander 110 studente wat ontvoer is, is nou vrygelaat, maar die meisie, wat glo geweier het om tot Islam te bekeer, bly in aanhouding. Die ICRC se streeksdirekteur het gesê daar is geen regverdiging vir die teregstelling van onskuldige jong gesondheidsorgwerkers nie, en vrees vir die implikasie daarvan op hul werk in die streek. Die minister van inligting en kultuur het gesê die regering sal 'die onderhandelinge oophou' en voortgaan om te werk om me Loksha en die skoolmeisie te bevry. Bid vir hierdie werk.