Versoening lyk ver weg tussen Christenboere en Moslem-veewagters in Nigerië se middelgordelgebiede. Christene het na Plateau- en Benue-state gevlug weens diskriminasie en aanvalle van Boko Haram in die noorde, maar nou word hulle vermoor en word hul huise deur Moslem Fulani-veewagters afgebrand. Meer as 56 dorpe is vanjaar aangeval, drie die afgelope week. Dit is 'n godsdienstige stryd en 'n stryd oor land. Daar is geen versoening in sig nie, en die houding van die regering help nie. Regerings moet hul mense beskerm, maar hierdie regering het toegelaat dat die mense voortdurend aangeval word. Sommige Christene se geloof is weggekalwe, terwyl baie aanhou om op God te vertrou. 'n Plaaslike boer het gesê: 'Ons glo God sal deurkom vir die kerk terwyl gelowiges wêreldwyd saam met ons staan in gebed - Hy sal hierdie kwessies uitsorteer'. Bid vir diegene wat die las dra om mense te huisves wat van vervolging gevlug het.