Verskeie ooreenkomste is oor die jare van die burgeroorlog regoor Sirië aangegaan, maar min het beduidende verskille gemaak. Bid dat die ooreenkoms tussen Rusland en Turkye om 'n militêre buffersone in Sirië se Idlib te skep, vashou en suksesvol sal wees om verdere sterftes te voorkom aangesien Sirië se laaste oorblywende opposisievesting in 'n gedemilitariseerde sone ingesluit is. Turkye se minister van buitelandse sake het verklaar dat slegs terreurgroepe, nie burgerlikes nie, ingevolge die ooreenkoms uit die Idlib-provinsie verwyder sal word. EU-woordvoerder Maja Kocijancic het beklemtoon dat die Turks-Russiese ooreenkoms burgerlikes moet beskerm.