Mauritanië: Nasionale Vergadering verkiesing

Op 1 September hou die Noord-Afrikaanse woestynland Mauritanië ’n verkiesing vir sy nasionale vergadering. 146 lede sal vir een- of vierjaartermyne verkies word. Die meeste van sy bevolking is nomadies, maar 'n derde van Mauritaniërs is geregistreerde kiesers. Dit is een van die wêreld se armste nasies, en een van die godsdienstigste nasies. Soennitiese Islam en Sharia-wetgewing het hulle oor 'n duisend jaar geheers. Die regering verbied bekering tot die Christendom. Diegene wat dit doen staar die doodstraf in die gesig, en mag nie in nie-Moslem huishoudings ingaan nie. 'n Kastestelsel verleen voorregte aan sekere groepe. Hulle marginaliseer Mauritaniërs met 'n donker vel of enige iemand wat 'n ander wêreldbeskouing as Islam huldig. Die Islamitiese terreurgroep AQIM (Al-Kaïda in die Islamitiese Maghreb) werk in Mauritanië.