Kanada: Ore om te hoor

Regoor die uitgestrekte land verenig voorbidders onder die sambreel van 'Ore om te hoor' terwyl hulle vir Kanada bid via konferensie-oproepe, skype en e-pos. Ons kan by hulle aansluit terwyl hulle vir die somer intree om 'n ongekende geestelike oes te bring. Bid dat die nasie diep honger sal word na God, en dat die Kerk elke geleentheid sal gebruik om die Goeie Nuus van Jesus met vrymoedigheid te deel. Hou aan om al die somerkampe en uitreike op te hef. Die Here het met Kanada se Profetiese Raad gepraat deur 'n visioen van 'n kerkklok wat in hierdie dae gelui word. Die visioen verteenwoordig wat Hy met die profetiese wil doen. Mag die gawe van profesie op nuwe en vars gerestoureerde maniere uitkom. Bid dat dit duidelik, suiwer en gesentreer op Jesus is. Regoor Kanada het die Here sterk beklemtoon dat dit tyd is vir versoening. Bid dat selfs langvervreemde verhoudings herstel sal word. Bid dat genade, nederigheid en vergifnis in die Liggaam van Christus sal groei. Glo vir wonderbaarlike versoenings.

  • Pray: for God’s kingdom, power and glory to be expressed through extravagant praise and a turning from temporal values to the eternal. (Psalm 103:17)