VSA: 60+ mense in een naweek geskiet

Die polisie in Chicago het meer hulp gevra om geweergeweld te bekamp nadat meer as sestig mense in een naweek geskiet is. Meer as dertig is Sondag gedurende net een tydperk van drie uur doodgeskiet. Die polisie het gesê die meeste skietvoorvalle was bendeverwant. Donovan Price, 'n pastoor en noodadministrateur, het gesê: 'Dit is net buite beheer. Dit is 'n oorlogsone wat tans aan die gang is. Chicago is net mal.' Maar in 'n land waar dit makliker is om 'n geweer as spuitverf te koop en daar amper soveel gewere as mense is, wil nie almal strenger wapenbeheer hê nie. President Trump het herhaaldelik belowe om in Chicago in te gryp, waar wetstoepassingsbeamptes met onoplosbare geweldprobleme gesukkel het. Bid dat Trump genoeg federale hulp sal vrystel sodat beheer meer suksesvol kan wees.