Kuba: selfdegeslaghuwelik

Kuba se nasionale vergadering oorweeg veranderinge aan die 1976-grondwet. ’n Konsep nuwe grondwet erken private eiendom en maak die deur oop vir selfdegeslaghuwelike. In Julie het vyf evangeliese kerke in Kuba hulle teenstand teen selfdegeslaghuwelike uitgespreek omdat die ideologie van geslag totaal vreemd is aan die Kubaanse kultuur of 'die historiese leiers van die Rewolusie'. Hulle het hul standpunt verduidelik in 'n verklaring wat op sosiale netwerke geplaas is. Die vyf denominasies behoort nie aan die regering-goedgekeurde Kubaanse Raad van Kerke nie. Evangeliese kerke in Kuba het vinnige groei beleef sedert die regering se godsdienstige opening in die 1990's. Hulle het nou honderde 'huistempels' wat oor die eiland versprei is. Sien: