VSA: Colorado-bakker terug in die hof

Minder as drie maande nadat hy 'n hooggeregshofsaak gewen het wat sy godsdiensvryheid van uitdrukking ondersteun, staar die Colorado Christelike koekkunstenaar Jack Phillips nog 'n stryd in die gesig. 'n Nuwe klag is onlangs teen hom ingedien nadat 'n prokureur hom gevra het om 'n koek pienk aan die binnekant en blou aan die buitekant te maak, wat 'n oorgang van manlik na vroulik verteenwoordig, om 'n geslagsoorgang te vier. Phillips het geweier om die koek te maak, weens sy godsdiensoortuigings. Op 15 Augustus het prokureurs wat hom en sy Masterpiece Cakeshop verteenwoordig het 'n regsgeding ingedien om hierdie nuwe klagte te beveg, wat volgens hulle 'n 'verdubbeling van anti-godsdienstige vyandigheid' deur Colorado-amptenare uitmaak. Hulle het gesê: 'Colorado ignoreer die boodskap van die Amerikaanse Hooggeregshof deur voort te gaan om Jack uit te sonder vir straf en om vyandigheid teenoor sy godsdiensoortuigings te toon.'