Nigerië: Vyf Christenjongmense moet opgehang word

Moslem Fulani-veewagters haal nie so gereeld die nuus soos Boko Haram nie. Christene in die noordoostelike deelstaat Adamawa het weens Boko Haram gevlug, net om terug te keer en te vind dat hul eiendom deur Moslem Fulani-veewagters beset is. Vyf Christen-jeugdiges is gevonnis om te hang vir die moord op een Fulani-veewagter wat op sy beurt na bewering 48 mense vermoor het. Wie keer die geweld? Waar is die regering se beskerming vir burgers? Waar is geregtigheid? Die gebrek aan reaksie deur Nigerië se veiligheidsdienste word beskou as medepligtig aan misdade teen Christene. Die Numan-federasie in Adamawa is die enigste oorwegend Christelike gebied wat in die noorde van Nigerië oorbly. In onlangse jare het migrasie van Moslem Fulani-veewagters na daardie gebied toegeneem. Die geregtelike, militêre en veiligheidsagentskappe word almal deur nie-Christene beheer en baie vrees dat die Moslem-president die geweld as 'n verskoning kan gebruik om die 2019-verkiesing te kanselleer en aan bewind te bly.