Print this page

Israel: IDF sluit 'terroriste' TV-stasie

Op 31 Julie is 'n Hamas-geaffilieerde TV-stasie gesluit, en die vier Palestyne wat dit bedryf, is gearresteer. Israel het gesê Al-Quds TV is 'n terreurorganisasie, en die vier verdagtes word aangekla van aanhitsing tot terrorisme aangesien die stasie 'n Hamas-spreekbuis was. Een van die dryfkragte agter Palestynse aggressie is aanhitsing deur geestelikes en Palestynse leierskap deur sy staats- en plaaslike media. Israel sluit nou alle Palestynse media en publikasies wat teen Israeli's aanhits en terreuraanvalle bevorder. Daar is ook toegeslaan op die Hamas-studentegroepe in Hebron-universiteite en daar is beslag gelê op aanhitsingsmateriaal. Die studente se families is 'n waarskuwing gegee en aangesê om weg te bly van terrorisme. Twintig gesoekte Palestyne is gearresteer.