Vyandigheid, ongeregtigheid en geweld is 'n daaglikse werklikheid vir miljoene Christene regoor die Horing van Afrika. In Somalië vermoor die militante Al-Sjabaab-groep gereeld vermeende Christene ter plaatse, en gelowiges hou hul geloof heeltemal geheim. In Eritrea beskou die regering Christene as agente van die Weste en sal hulle straffeloos arresteer, teister en doodmaak. Honderde word in haglike omstandighede in die tronk gestop. Ethiopië is 'n Christelike meerderheidsland, maar bekeerlinge uit Islam word deur hul gesinne en gemeenskappe verwerp. In Kenia kruis Al-Sjabaab-militante die grens vanaf Somalië. Hulle het verlede jaar tientalle Keniaanse Christene vermoor. In Djiboeti is gerugte van bekering dikwels genoeg vir gelowiges om hul erfregte of toesig oor hul kinders te verloor. Stel jou voor dat jy woon waar jy, omdat jy 'n Christen is, jou studies druip, jou bure jou slaan, jou huis verwoes word, jou gesin in die tronk gesit word, jou pa vermoor word. Sou jy moed verloor, opgee, jou geloof verander? Bid asseblief vir diegene wat dit daagliks ervaar.