Mosambiek: Nuwe Islamitiese groep vermoor dorpenaars en verplaas 1 000's

Aanvalle deur 'n nuwe Islamitiese militante groep, Al-Sunna wa Jama'a, word in die Cabo Delgado-provinsie aangemeld. Hul eerste aanvalle het polisiestasies geteiken. Sedertdien dui meer aanvalle en onthoofdings op 'n nuwe jihadistiese beweging in gebiede wat voorheen nie deur Islamitiese ekstremisme geteister is nie. Human Rights Watch het sedert Mei 39 dood en 1 000+ ontheemdes aangemeld. Op 5 Junie het mans twee dorpies aangeval met kapmes en 'n klein boekie in hul hande wat hard Arabiese woorde uit die boek gelees het, voordat hulle huise aan die brand gesteek het. Al die aanvallers het hul gesigte bedek en het Swahili gepraat. Op 6 Junie het mans met kapmes en AK-47-aanvalsgewere op 'n naburige dorpie toegeslaan, ses doodgemaak en 100+ huise afgebrand. Op 12 Junie is 'n bejaarde man onthoof en nog 100+ huise het afgebrand toe ses mans met kapmes die dorpie Nathuko bestorm het. Meer . Ook sendeling Heidi Baker doen 'n beroep op Christene om vir haar werk daar te bid