Print this page

Burundi: 2/3 van gesinsinkomste word aan kos bestee

Vyftien jaar van burgeroorlog, gekombineer met uiterste armoede, 'n brose politieke proses en herhalende klimaatskokke, het 'n sterk impak op Burundi se ekonomie en voeding gehad. Slegs 28% van die bevolking het die hele jaar 'n voldoende, voedsame dieet en 58% persent is chronies ondervoed. Voedselsekerheid vir die meerderheid Burundiërs het die afgelope paar jaar nie verbeter nie, ondanks 'n geleidelike terugkeer na vrede. Met 'n bevolkingsgroeikoers van byna 3% per jaar en landbouproduksie wat sedert die burgeroorlog begin het met 24% afgeneem het, ly mense honger. Selfs gedurende die oestyd bestee gesinne tot twee derdes van hul inkomste aan kos. Burundi is een van die lande wat deur beide die Voedsel- en Landbou-organisasie van die Verenigde Nasies (FAO) en die Wêreldvoedselprogram (WFP) geïdentifiseer is as een van die lande wat die meeste deur die stygende voedselpryse geraak word. Na soveel jare van konflik is die vermoë van die regering om op hierdie nuwe uitdaging te reageer beperk.