Ten einde pogings van terroriste om van Gasa tot in Israel te tonnel, te stuit, het die Israeliese regering 'n ondergrondse muur langs die grens. Op 18 Junie het Gasa-terroriste hulself opgeblaas om die ondergrondse versperring te vernietig. Die voorval het plaasgevind ná 'n eskalasie van vuurpylvuur en vuurbombelaaide vlieërs en ballonne wat vanaf Gasa na suidelike Israel gestuur is. Minister van verdediging, Avigdor Lieberman, het gewaarsku dat Israel nie sal toelaat dat Gasaners voortgaan om brandstigtings na Israeliese grondgebied te lanseer nie, wat honderde bosbrande veroorsaak het en duisende hektaar grond verbrand het. "As iemand dink dit sal moontlik wees om voort te gaan met die daaglikse vlieërs en brande, hulle is verkeerd," het Lieberman gesê. Intussen het Yoav Galant, minister van behuising, gesê: 'Wanneer 'n agtjarige seuntjie 'n vlieër met 'n brandbom laat vlieg omdat iemand hom aangesê het, is dit problematies om 'n hommeltuig te stuur om hom dood te skiet.'