In Maart het ons gebid dat Turkye tot 'n keerpunt sal kom omdat president Erdogan se opkoms tot bewind besig was om Turkye terug te gee na sy Ottomaanse en Islamitiese erfenis deur outoritarisme, konsolidasie van mag, verhoogde ondersteuning van radikale Islam, herinstelling van Islamitiese kulturele praktyke, en die afdanking van duisende staatswerkers, weermag en joernaliste. Erdogan is 'n heerser wat probeer om die fasade van demokratiese legitimiteit te behou deur 'n verkiesing uit te roep wat hy waarskynlik sal wen. Dit sal ’n nuwe presidensiële stelsel inbring wat die magte van die president drasties vergroot, terwyl die rol van die parlement verminder word. Erdogan se Turkse nasionalisme smoor vryheid van uitdrukking. Christengelowiges word behandel as verraaiers van beide Islam en die Turkse identiteit. Onder die bestaande krygswet het Erdogan Turkye van politieke teenstanders en andersdenkendes gesuiwer en baie joernaliste tronk toe gestuur. Bid vir publieke sentiment om die belangrikheid van godsdiens- en ander vryhede te erken. (Josua 24:22)